Na die afgelope seisoen se rekord-oes, voorspel die SA Tafeldruifprodusentevereniging (SATI) wéér ‘n uitmuntende seisoen vir tafeldruiwe.
Volgends SATI se kommunikasie- en bemarkingshoof, Rhomona Gounden, behoort die Vereniging meer as 60 miljoen 4.5 kilogram kartonne druiwe te bemark. Sy skryf die enorme 2014-’15 oes toe aan uitstekende weeromstandighede. “Die goeie groei in produksie kan toegeskryf word aan goeie kultivars, ’n toename in aangeplante hektare en goeie bestuurspraktyke,” sê Gounden van dié seisoen.
“Dit is nog vroeg in die seisoen en daar is baie wat verkeerd kan loop, maar al die produksie streke se wingerde lyk goed en ons is vol moed en glo dat dit ’n goeie jaar is wat op produsente wag,” sê Gounden.