Volgens ‘n SA navorser, gaan 2015 die warmste jaar wees wat tot dusver aangeteken is.
Dr Francois Engelbrecht van die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing sê dat slegs ‘n vulkaanuitbarsting soos dié van Krakatoa verwarming op die skaal sal voorkom. ‘n Aswolk van só uitbarsting sal swaweldioksied produseer wat bietjie van die sonlig terug in die ruimte in sal reflekteer.
Volgens Engelbrecht, is die temperatuurtoename veroorsaak deur aardverwarming en El Nino (verwag om in Desember te verskerp). Die komende somer gaan oor die hele SA warm wees en laer reënval as gewoonlik toon.