Tydens die Internasionale Konferensie van Pitlose Droogdruif Produserende Lande in Hamburg, het verteenwoordigers waardevolle inligting oor die wêreldproduksie en bemarking van rosyne uitgeruil. Argentinië, Australië, Chile, Indië, Iran, Suid-Afrika en die VSA het die konferensie bygewoon en weersomstandighede, verbruikervoorkeure, produksieskattings en internasionale tendense bespreek.
Suid-Afrikaner Mnr. Dappie Smit van HORTGRO is verkies tot konferensievoorsitter. Mnre. Osman Oz van Turkye en Carlos Huertas Garcia van Argentinië was ondervoorsitters. Die afname in pitlose-droogdruifproduksie van sultana en natuurlike pitloserosyne variëteite, hoofsaaklik weens ongunstige weersomstandighede, is bespreek. Die produserende lande oorweeg n promosieprogram wat gesamentlik befonds sal word, en gassprekers het voorleggings oor bemarking en promosietendense aangebied om dié idee te ondersteun.
Mnr. Louis van Zyl, algemene bestuurder van HORTGRO, het ‘n voorlegging gedoen oor die sukses van die generiese promosieprogram vir vars vrugte in Europa wat moontlik deur die rosynegroepe nagevolg kan word. Mnr John Giles, van Promar in die Verenigde Koninkryk (VK), het voorgestel dat markte gerangeer moet word voordat ‘n promosieprogram aangepak word, en klem gelê op faktore wat groeipotensiaal kan beïnvloed soos verbruiker ouderdom, inkomste en voorkeure (wat vir alle markte verskil).
Mnr. Edward Garner, direkteur van Kantar World Panel en kleinhandelkundige, het sy maatskappy se ontledings gedeel. Die ontledings verwys na verskuifende verbruikerspatrone en veranderende voorkeure wat bekende supermarkte in Europa en die VK effekteer waar rosyne tradisioneel groot aangekoop is.
Na ‘n statistieke analise by die konferensie is dit duidelik gemaak dat die totale beskikbaarheid van pitlose rosyne en sultanas met 8% afgeneem het. Slegs 36 239 ton sal aan die einde van die huidige seisoen oorgedra word na die volgende seisoen. Kongresgangers is bekommerd dat hierdie voorraad heelwat minder is as wat verwag is en goeie beplanning gaan nodig wees om na aanvraag voor te sien.
Die volgende konferensie sal gedurende Oktober/November 2016 in China plaasvind, waar ander produserende lande soos Uzbekistan hopelik betrek sal word.
Enige navrae: Dappie Smit 082 781 2192 of dappies@hortgro.co.za