Die Suid-Afrika Pluimveevereniging (SAPV) wil in beheer bly van die pluimvee bedryf en duisende werke binne die bedryf beskerm, ten spyte van die Verenigde State se dreigement om SA se voordele binne die Africa Growth and Opportunity Act (AGOA) op te skort. SAPV is ondersteun deur FAWU, die unie vir koswerkers.
Verlede Vrydag het Verenigde State Suid-Afrika gedreig om SA se AGOA-voordele vop te skort binne die volgende 60 dae, teensy Suid-Afrika met ‘n ooreenkoms kom rondom die vleis-, pluimvee- en vark-kwessies.
SAPV het op Sondag gesê dat hulle hul oorheersing in stand wil hou in die pluimvee bedryf, so doende om Suid-Afrika globaal mededingend in die mark te hou. SAPV en die ondersteuning van die ‘Food and Allied Workers’ Unie het ook gesê hulle moet die werk wat die pluimvee bedryf verskaf, wat tussen 60 000 en 80 000 is, beskerm.