Die Shoprite-groep het besluit om water te skenk aan gemeenskappe waar daar ernstige watertekorte, of selfs geen water is nie.
Nadat Shoprite verlede jaar water aan die gemeenskap van Aliwal-Noord geskenk het, het dié kettinggroep besluit om nog water te skenk. Hulle gaan vier vragmotors, elk met 29 920 liter water gevul, oor die land stuur.
Een van die vragmotors is na Senekal, in die Vrystaat bestem, terwyl die ander drie na gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Limpopo op pad is. Die 119 680 liters water sal dan deur gemeenskapsorganisasies aan kwesbare mense soos bejaardes en kinders versprei word.
Die Shoprite-Checkers kettinggroep het ook onderneem om water teen kosprys in gemeenskappe te verkoop wat streng gebuk onder watertekorte gaan. Hulle sal ook opgaartrollies beskikbaar stel aan die publiek om ook met skenkings te help.
Lees die Landbou.com artikel hier.