‘n Maandlange staking by Foskor se Richardsbaai-aanleg het ‘n tekort aan kunsmis en veevoer tot gevolg gehad.
Nompumelelo Magwaza berig op Business Day Live se webwerf dat die tekort boere sal affekteer, aangesien boere net kans het om tot middel Desember te plant. Daar word ook verwag dat daar vertragings sal wees met die aflewering van kunsmis wanneer boere dit gaan benodig.
Van Foskor se kliënte sluit Omnia, Afrgi en KK Animal Nutrition, in. Graan SA se hoof uitvoerende beampte, mnr. Jannie de Villiers, het sy kommer hieroor uitgespreek, omdat Foskor die enigste plaaslike maatskappy is wat fosforsuur, wat in kunsmisvervaardiging gebruik word, invoer.
Die staking het Dinsdag tot ‘n einde gekom.
Lees die Landbou.com artikel hier.