Die voorgestelde kodes vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in die landbousektor is kwaaier en gaan moeilik wees om in plek te stel.
Die nuwe SEB-kodes in die landbousektor stel teikens vir die eerste vier jaar vir die besteding aan die ontwikkeling van swart verskaffers en ondernemings. Dit is aansienlik hoër as die huidige generiese kodes, aangesien ondernemings en verkaffers in dié sektor so skaars is, verduidelik me. Lindie Stroebel, bestuurder van agribesigheidsinligting by die landbousakekamer, Agbiz.
“Dit is byvoorbeeld veral vir kwalifiserende klein ondernemings, waaronder meeste boerderye val, baie moeilik om ʼn boerderyentiteit net op te sny en te verdeel, en steeds ʼn ekonomiese eenheid te behou. In die handvesraad het ons besluit ons doelwit is nie gefragmenteerde swart eienaarskap nie, byvoorbeeld swart minderheidsbelang in verskeie klein ondernemings nie, maar eerder suksesvolle swart boere en entiteite.”
Stroebel verduidelik dat die teikens vir ontwikkeling hoog is en dat dit baie geld gaan vereis, maar dit sal aansporing skep om swart verskaffers en ondernemings te ontwikkel.
Lees die Landbou.com artikel hier.