Suider-Afrika se boere kan steeds presteer en oorleef in uiters slegte omstandighede soos die huidige droogte, en het dit deur al die jare bewys, meen Farmer John van Agriportal.
Boere kom elke keer sterker uit natuurkrisisse, maar vat groot risikos om altyd ‘n gesonde oes te lewer waaruit die middelman ongelukkig die meeste baat, sê Farmer John. Suider-Afrika se boere is nog nie finansieel sterk genoeg om sonder banke en skuldverskaffers te oorleef nie en die Regering gee nie genoeg ondersteuning nie.
Suider-Afrika sal nie sonder sy boere oorleef nie en die waterkrisis stel die boer in gevaar. Suider-Afrika se boere kort ondersteuning en hul belangrikheid moet erken word.