Die drie abattoirs te Carnarvon, Calvinia en Upington behartig die verslagting en verkope van lam- en beeskarkasse. SA Dorper behartig die verwerking en uitvoer van dorpervelle en die verwerking van beeshuide.
Slagpryse word weekliks gewaarborg. Klassifisering en gesondheidsinspeksies word deur ‘n onafhanklike maatskappy naamlik IMQAS gedoen. Karkasse word hoofsaaklik in die metro’s van die Wes-Kaap, Durban en Gauteng bemark.
Alle produsente word vriendelik uitgenooi om die slagting van hul vee by te woon en vrae sal deur die klassifiseerder en gesondheidsinspekteur beantwoord word.
LEWENDEHAWE, VEILINGS EN SKAAPVOERKRAAL
Gereelde veilings van vee, los goedere en uitverkopings vind plaas. Opgeleide KLK-bemarkers behartig skakeldienste en klassering van vee. KLK beskik oor ‘n 4 500 staankapasiteit skaapvoerkraal om diere markgereed te kry.