Volgens ‘n artikel op AgriOrbit het trekkerverkope van 675 eenhede in Februarie met byna 8% gedaal as die 731 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 12% laer as verlede jaar.
Stroperverkope van 19 eenhede in Februarie is drie eenhede laer as die 22 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 8% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.
Die huidige vlakke van verkope dui op ’n groot mate van omsigtigheid in die mark. Die huidige marksituasie is van so ’n aard dat boere besluite oor aankope vir ’n rukkie kan uitstel. Die sterker waarde van die rand beteken dat pryse vir toerusting gestabiliseer het en goeie reën in die meeste gebiede beteken dat die meerderheid boere aansienlik beter oeste sal hê as verlede jaar.
Klik hier om die volle artikel te lees.