Die prys van wild met interessante kleurvariasies kan nóg verder daal, sê kenners. Veral die prys van swart rooibok, wat een van die eerste kleurvariante was wat sowat tien jaar gelede die mark betree het, laat mense praat. Verlede jaar was die gemiddelde prys vir ’n swart rooibok R702 931. In April en Mei vanjaar is dié bokke egter verkoop vir tussen R60 000 en R90 000 elk, volgens statistieke van Vleissentraal, wat veilings hanteer.
Volgens dr. Flippie Cloete, ’n senior lektor in landbou-ekonomie aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gaan die prys van alle kleurvariante waarskynlik nog verder daal. Die prys het verlede jaar Februarie ’n hoogtepunt bereik, sê Cloete, waarna die een ná die ander faktor die pryse geknou het. “Nou begin ons sien dat (oor)aanbod ook ’n rol begin speel. Ons het te veel veilings. In April was daar 24 veilings.” Cloete sê die ooraanbod gaan nog lank ’n uitwerking hê. “Ons begin nou eers die impak van aanbod voel. Ons gaan dit nog verder voel.”
Klik hier om meer te lees.