Vrotpootjie word deur die Dichelobacter nodus bakterie veroorsaak. Dit is hoogs aansteeklik en enige wonde soos bosluis bytplekke, beserings of stukkende plekkies, is moontlike plekke waar kieme die kloue kan binnedring.
Die oopsper van kloutjies as die dier loop, verhoog die voorkoms van vrotpootjie. Swaarder diere, soos ramme en swaar dragtige ooie, is dus meer vatbaar. Jong skape is meer vatbaar as gevolg van ʼn swakker immuunstelsel.
In die somermaande na goeie reëns, is vrotpootjie een van die groot oorsake van mankheid by skape. Die kiem hou van ʼn klam, warm omgewing en kan vir tot 2 weke in die omgewing oorleef en vir maande in die draer bly. In sekere gebiede kom vrotpootjie dwarsdeur die jaar voor, maar die organisme het ʼn minimum van 10°C en 50 mm reën nodig om te oorleef.
Klik hier om meer te lees.
Bron: ProAgri