Die gebruik van kunsmis sal drasties verander moet word om skade aan die omgewing te beperk, waarsku kenners.
Dit kom nadat navorsers die eerste wêreldwye ontleding van stikstofgebruik in gewasproduksie voltooi het.
Die projek is deur navorsers van die Princeton-universiteit gelei. Daar is spesifiek na kunsmis- en oesinligting in dele van Amerika, westelike Europa en Afrika, suid van die Sahara, gekyk. Ondersoek is ook ingestel om vas te stel hoe beleid en marktoestande boere in dié gebiede se stikstofkunsmisverbruik oor die afgelope vyf dekades beïnvloed het.
Die wêreldwye gemiddeld vir stikstofverbruik-doeltreffendheid – ’n maatstaf van die hoeveelheid stikstof wat ’n gewas gebruik om te groei teenoor wat agtergelaat word as besoedeling – is sowat 0,4. Dit beteken dat 40% van die totale stikstof wat by landbougrond gevoeg word, na gewasse gaan, terwyl 60% verlore gaan.
Na aanleiding van hul bevindinge, sê navorsers dat die bogenoemde vlak na 70%-doeltreffendheid opgestoot moet word.
Lees die Landbou.com artikel hier.