’n Onlangse appèl deur Job Amupanda, burgemeester van Windhoek, aan die hooggeregshof om die berigte Namibiese Rooilyn of “veterinary cordon fence” (VCF) te verwyder wek kommer by menigde belanghebbendes in die vleisbedryf.
Die Rooilyn dien as die eerste verdedigingslyn teen die verspreiding van bek- en klouseer wat endemies is tot noordelike aangrensende areas van Namibië. Die verwydering van die Rooilyn stel ook die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf in gedrang. “Die saak is uiters kommerwekkend,” meen Koos van der Ryst, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooivleis Produsente Organisasie. “Indien die heining sou verwyder word, kan die hele Namibië ’n bek-en klouseer zone word. As mens in gedagte hou dat Suid-Afrika ’n grens met die land deel sal dit katastrofies as die siekte na ons toe oorspoel.”
Die rooivleis industrie is die grootste bydraer tot die Namibiese landbou-ekonomie. Tans dra rooivleis R6 miljard by tot die R8 mijard industrie. Die grootste van die inkomste word gemaak deur uitvoere. Die Rooilyn dra dus by tot die bio-sekuriteit vereistes daargestel deur die Europese Unie. Indien die Rooilyn verwyder sou word staan die land die kans om hul bek- en klouseervrye status te verloor wat die hele waardeketting omver sal gooi. “Dit is letterlik ’n saak van ekonomiese lewe of dood,” sê Thinus Pretorius, voorsitter van die Namibiese Lewendehawe Produsente organisasie.
Die appèl deur Amupanda kom na die Namibiese regering beslag gemaak het van derduisende rande se vleis in gemeenskaplike gebiede Noord van die grens by die Oshivelo veeartsenypunt in die gebied.