Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op Agri SA se jaarkongres in Pretoria vir boere aangemoedig om als in hul vermoë te doen om armoede en hongersnood aan te spreek.
“Daar is 14,1 miljoen mense in Suid-Afrika wat elke dag onvoldoende toegang tot kos het,” het Zokwana gesê en na statistieke uit die Oos-Kaap verwys waar 74% van gesinne op R800 of minder per maand lewe. “Ons moet onthou dat ’n nasie met voedselsekuriteit ook vrede het, teen alle uitdagings in.”
Zokwana het ook klem gelê op die feit dat boere mekaar moet help, sodat die landbou sterk kan word en sake soos plaasveiligheid en veediefstal aangespreek kan word.
Lees meer oor die Minister se toespraak hier.