Australiese skaapprodusent en stoetery, White Suffolk, het die wȇreld se eerste lam met behulp van spoed-teling tegnologie geteel. Dié lam is van ’n bevrore embrio van jeugdige in vitro embrio-oordrag, naamlik Jivet-tegnologie, gebore.
Dié voorplantingstegnologie laat telers toe om oösiete van ooilammers wat sowat ses weke oud is, te versamel. Die eierselle word dan in vitro bevrug en daarna in voorbereide ontvangers oorgeplaas.
Jivet-tegnologie
Jivet-tegnologie word al vir verskeie jare gebruik, maar die wit Suffolk-lam van mnr. Troy Fischer is uniek omdat dit uit ’n bevrore embrio gebore is.
Gevriesde embrio’s is na ses maande ontdooi en in die ontvangers oorgeplaas. Daarna is die lewendige lam gebore, wat nog nooit voorheen gedoen is nie.
Een van die uitdagings met die Jivet-tegnologie was dat dit buite-seisoen teling vereis het, maar met behulp van bevrore Jivet embrio’s kan die tegnologie tydens ’n meer geskikte teeltyd gebruik word.
Potensiële vir nageslag
Jivet-tegnologie stel telers in staat om hul kudde vinniger op te bou danksy die vinniger tempo waarteen hulle genetiese vordering kan maak.
“Teen die tyd dat die ooi 18 maande oud is en normaalweg aan haar eerste natuurlike lam geboorte sou skenk, is sy al ’n oumagrootjie, met honderde moontlike afstammelinge,” sȇ Fischer.
Risiko
Dit is nie ‘n tegnologie sonder risiko nie en vereis genetiese toetsing en strukturele assesserings om te verseker dat die eiers slegs van die beste lammers versamel word.
Hulle het die top een persent van die ras as skenkers gebruik en kon dus baie vinniger genetiese vordering maak as wat natuurlik moontlik sou wees.
Die werk is gedoen in samewerking met die Universiteit van Adelaide en die Suid-Australiese instituut vir navorsing en ontwikkeling. Dr. Simon Walker, Jen Kelly en David Kleeman was die wetenskaplikes daarby betrokke.
Bron: ABC News