Die landbou-ekonomie voel die gevolge van die pandemie ten spyte die feit dat hul as ‘n noodsaaklike bedryf verklaar is en vrygestel is van die strengste inperkingsregulasies, sê dr. Peter Oberem, bestuurende direkteur van Afrivet.
Die voedselproduksie-waardekettings is aan die werk, maar nie op optimale vlak nie, wat ‘n rimpeleffek op produksie veroorsaak en tot produkverliese sal lei. Hierdie is ‘n gevolg van restaurante wat gesluit is en die vraag na hoegehalte-vleissnitte gedaal het, tot die punt dat sommige voerkrale nie vee aankoop nie.
In die troeteldier sektor lyk die stand van sake nog erger. Veeartse behandel slegs noodgevalle. Inloopkonsultasies, roetine-inentings en prosedures wat nie noodgevalle is nie, gebeur eenvoudig nie.
Alhoewel, studies van vorige pandemies in 1957, 1968 en 2003 se gevolge op die ekonomie toon ‘n diep, maar steil V-vormige daling en herstel, gevolg deur ‘n positiewe groei. “Ek glo da tons dieselfde sal ervaar. Ek glo veral dat die optimistiese sy van menslike natuur sal oorneem. Mense se vreugde dat hul die krisis oorleef het, sal almal aanspoor om te werk, te belê en te bestee”, sê Oberem.
Vervaardigers kan goeie verkope verwag, aangesien handelaars soos koöperasies, groothandelaars en veeartspraktyke min voorraad sal hê ná die inperking. Namate die markte weer stabiliseer, sal boere ook weer noodsaaklike veemiddels en veeartsenykundige medisyne begin gebruik, meen hy.
Wanneer sal dit wees? Oberem raai dat ‘n verslapping van die inperking die herstel sal begin en sodra ons weet die besmettingspiek is agter die rug wat waarskynlik teen September 2020 sal wees. “Ons sal dan die optimisme sien wat ekonomiese verbetering sal ondersteun, gesteun deur wat ek glo ‘n regeringsgedrewe Marshall-plan sal wees”, sê Oberem.
Lees meer hier.