Die Departement van Water en Sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die droogte en damme se watervlakke wat met 1% per week daal.
Leonardo Manus, hoofdirekteur by die Department, sê hulle is veral bekommerd oor die impak wat die droogte op voedselsekrheid sal hê.
Hy vertel dat hy onlangs deur die Vrystaat gery het en dat dinge sleg lyk in dié provinsie. “Daar is géén weiding nie, en die bogrond is weg. Dinge lyk veral baie sleg tussen Wolmaransstad en Bloemfontein en Kimberley en verder suid tot by Middelburg in die Kaap.”
Manus het die publiek verseker dat die Departement dag en nag spook om oplossings te vind om die impak van die droogte te probeer beheer.
Hy het ook genoem dat waterverbruik in die land nie verminder nie en dat die reën wat nou en dan neersak, nie genoeg is om damme se watervlakke aan te vul nie.
Hy sê die Departement is veral bekommerd oor Mpumalanga se damme aangesien dit water vir kragopwekking voorsien.
Lees die Netwerk24 berig hier.