KLK het weer die Wiskundeprojek befonds in samewerking met Hoërskool Duineveld en die Departement van Onderwys, waar Wiskunde-onderrig vir graad 12-leerders en onderwysers aangebied is. Die geleentheid word aan alle skole in die ZF Mgcawu distrik gegun om onderwysers en leerders beter te bemagtig in onderrig en kennis.
‘n Totaal van 24 onderwysers en 129 leerders is aan hierdie opleiding blootgestel. Die moontlikheid word ondersoek om hierdie projek ook na ander distrikte binne KLK se bedieningsgebied uit te brei.
ʼn Totaal van R390 060 is aan die projek spandeer.