Hierdie projek in samewerking met Raisins SA poog om vroue van die nodige bestuursvaardighede en wingerdbou en finansiële kennis te voorsien om selfonderhoudend en winsgewende boere te word.
Carpe Diem Raisins en Raisins SA het fondse beskikbaar gestel vir 3 boere om 3.5ha nuwe wingerdstokke te plant en om droogbaan fasiliteite op te gradeer vir ‘n verdere 4 vroue. Die tegniese personeel van Carpe Diem Raisins lei die projek en ondersteun die vroue met opleiding van grondvoorbereiding tot plant van pale.
Plantopleiding word ook gedoen om sukses van die projek te verseker.