Produsente se diere word ingeneem by die voerkraal, geweeg en ingespuit. Elke Donderdag word diere geweeg en daar word verslag aan produsente gedoen oor hoe diere groei en presteer in krale. Diere word normaalweg vir ongeveer 42 dae gevoer, maar dit bly die produsent se besluit wanneer diere geslag moet word. Produsente word 'n premie betaal by slagting. Na slagting word die staan en voerkoste verhaal alvorens produsent vir slagting uitbetaal word.