‘n Suksesvolle Fisiese Wetenskap-opleidingseminaar is vir die eerste keer in September 2019 met KLK se ondersteuning by Hoërskool Upington aangebied.
Die seminaar is aangebied deur mnr. Andries Olivier, uit wie se pen verskeie wetenskaphandboeke en -leerplanne verskyn het. Twee-en-veertig Wetenskaponderwysers uit die ZF Mgcawu- en Namakwa-onderwysdistrik asook ses onderwysers uit Namibië het die weeklange seminaar bygewoon.
ʼn Totaal van R158 940 is aan die projek spandeer.